HIER STAAN ONS KONSERTE

Hier Staan Ons Konserte

’n Virtuele konsert enig in sy soort

Die FAK in samewerking met Jak de Priester, Xtreme Productions en die Voortrekkermonument het onlangs die Hier Staan Ons-konsertreeks bekendgestel. Tydens die eerste vertoning het Steve Hofmeyr as gaskunstenaar opgetree en na talle navrae vanaf die publiek het ons besluit om nog drie konserte bekend te stel. Spoegwolf, Nianell, Corlea Botha, Monique Steyn en Jannie Moolman is van die kunstenaars wat tydens hierdie konserte sal optree. Die konserte word teen die vooraansig geprojekteer en digitaal uitgesaai. Dit stel jou in staat om vanaf enige plek in die wêreld in te skakel en te deel in die grootste en lekkerste vermaak.

Kaartjies beloop R60 per konsert of kry ‘n #winskopie wanneer jy R150 betaal en sodoende toegang tot die volgende 3 aanlyn konserte verkry:

Hulle sing dalk van ‘n donker toring, maar niemand het ooit gedink dat hulle dit sal regkry om die Voortrekkermonument met “Lenie Blou” se lirieke te verhelder nie.

Hier Staan Ons stel bekend: SPOEGWOLF

Jy kan op 18 Julie, saam met ons uitsien na SPOEGWOLF se vertoning. Dit maak nie saak waar in die wêreld jy is nie, ons gaan digitaal en maak ‘n tweede keer geskiedenis deur die hele vertoning op die vooraansig van die Voortrekkermomument te projekteer. Kyk op jou selfoon, rekenaar of vra jou ouers om solank op die koffietafel te staan, want met hierdie vertoning gaan die hele gesin vergeet van hulle swaartekrag.

Ons word almal gedurende COVID-19 geaffekteer met groot uitdagings, maar op 9 Augustus vier Hier Staan Ons die vroue wat elke dag seker maak dat ons gesond en veilig bly. Ons vier die mamma’s wat juffrou by die huis moet speel, die vroulike personeel in hospitale en spreekkamers wat hulle eie gesondheid op die spel plaas, ons dink aan die vroue wat sopkombuise begin en kos voorsien aan die wat dit nie kan bekostig nie en met hierdie konsert vier ons saam met jou die krag en liefde van elke Suid-Afrikaanse vrou.

Hier Staan Ons stel bekend: VROUEDAG-KONSERT met Nianell, Corlea Botha en Monique Steyn

Bederf jou vriendin, eggenoot, ma, ouma, sussie of selfs jou kollegas met hierdie unieke vertoning. Dit maak nie saak waar in die wêreld hulle bly nie, hierdie konsert word op 9 Augustus digitaal uitgesaai en ons maak vir ‘n derde keer geskiedenis wanneer die beeld op die vooraansig van die Voortrekkermonument geprojekteer word.

Dit gaan voel soos ‘n aand in ‘n Europese teater, die keer in die gemak van jou eie uitskopstoel. Jannie Moolman keer terug na sy wortels en sing weer klassieke treffers soos “nessun dorma,” hierdie keer reg voor die Voortrekkermonument. Dit gaan ‘n eens in ‘n leeftyd ervaring wees en jy kry die geleentheid om op 13 September na hierdie vertoning vanaf enige plek in die wêreld te kyk. Die vertoning word teen die vooraansig van die Voortrekkermonument geprojekteer en digitaal uitgesaai.

Die FAK het onlangs as deel van sy Geskiedenisfonds ’n omvattende hulpprogram ter ondersteuning van Afrikanermonumente bekendgestel om hulle finansiële oorlewing te midde van die Covid-19-pandemie te verseker. Die Voortrekkermonument in Pretoria is een van die instellings op die FAK se prioriteitslys. Weens die verlies aan toerisme-inkomste omrede die nasionale staat van inperking is dié instelling een van die plekke wat moontlik sy deure kan sluit.

Maak seker dat jy hierdie geskiedkundige geleentheid kan ervaar, koop nou jou kaartjie!

Inligting

  • Spoegwolf – 18 Julie
  • Corlea Botha, Nianell, Monique Steyn – 9 Augustus
  • Jannie  Moolman – 13 September

Tye: 19:00
Prys: R60 per konsert of R150 vir al 3 Konserte
Platform: Private Facebook-groep
Beskikbaarheid: Die konsert sal vir 48uur beskikbaar wees om gekyk te word.